"Ook tot in julle ouderdom is Ek die Here, tot in julle grysheid sal Ek julle dra.
Ek het julle gemaak en Ek sal julle vashou, julle dra en julle red"
Jesaja 46:4
TROMPSBURG SENTRUM VIR BEJAARDES
Trompsburg Sentrum vir Bejaardes bied uitstekende geriewe en dienste vir bejaardes in die klein rustige dorpie op die Vrystaatse platteland.
Hier kan jy ʼn kwaliteit lewe geniet in ʼn rustige, veilige omgewing omring met pragtige tuine.
Trompsburg is ʼn boeregemeenskap en is goed geleë langs die N1-hoofweg ongeveer 112km vanaf Bloemfontein. Dit is dus relatief naby aan alle stedelike geriewe.
AKKOMMODASIE
Hetsy jy opsoek is na onafhanklike wooneenhede of hulp met verswakte sorg benodig, Trompsburg Sentrum vir Bejaardes sal jou kan help.

Selfsorg
woonstelle
Lees Meer
Ons het 19 woonstelle wat te huur beskikbaar is. Dit is ideaal vir diegene wie sonder enige bystand, onafhanklik kan lewe. Opsies sluit die volgende in:
Bachelor woonstel
• Oopplan vertrek met en-suite badkamer
Eenslaapkamerwoonstel
• Aparte slaapkamer met en suite-badkamer plus woon- en kombuis area
Opgegradeerde eenslaapkamerwoonstel
• Aparte slaapkamer met en-suite badkamer plus woon- en kombuis area
Tweeslaapkamerwoonstel
• Een aparte badkamer (nie en-suite nie) plus woon- en kombuis area
Opgegradeerde tweeslaapkamerwoonstel
• Twee en-suite badkamers met groot woon- en kombuis area

Kamers met
Versorging
Lees Meer
Semi-versorging kamers
Trompsburg Sentrum vir Bejaardes het 27 semi-versorging kamers. Hierdie kamers is ideaal vir mense wat op hul eie kan woon, maar soms een of ander vorm van bystand benodig. Dit sluit ook hulp met klere aantrek, toediening van medikasie of bystand in die badkamer in.
Vol-versorging kamers Ons bied ook 20 vol-versorging kamers waar alle maaltye en verswakte sorg met deernis en respek aangebied word. Hierdie kamers is perfek vir mense wie bedlêend of rolstoelgebonde is. Ons opgeleide personeel help met die was en voeding van verswakte bejaarde inwoners

DIENSTE
Trompsburg Sentrum vir Bejaardes bied 'n verskeidenheid dienste wat inwoners kan geniet. Hier is 'n lys van sommige van die dienste wat aan inwoners gebied word. Laat weet ons gerus wat jou behoeftes is, want elke persoon se seisoen is uniek. Neem asseblief kennis dat addisionele fooie vir sommige van die dienste geld.
- Tuindienste
- Goeie boerekos maaltye
- 24 uur versorging en beskikbaarheid van opgeleide versorgers en ‘n suster
- Medikasie hantering en toediening soos deur die dokter voorgeskryf
- Wasgoed word een keer per week gewas
- Kamers word een keer per week skoongemaak
- Twee TV kanale is beskikbaar op die Multi-Choice pakket (Kyk-Net en SuperSport 1)
- Noodknoppie en interkomstelsel vir veiligheid
- Direkte kerk uitsending van die NG Kerk Trompsburg
- Haarsalon en biblioteek op die perseel
- Verskaffing van doeke en suurstof
- Pak van pille
- Vervoer na en van Bloemfontein

Kontak ons gerus vir meer inligting: